digital adventures for
little explorers

made for families who value quality screen time

digitale avonture vir
klein verkenners

gemaak vir gesinne op soek na kwaliteit skermtyd

About noenoe Oor noenoe

Made out of curiosity

After spending most of my career in visual design and education, I found myself with some free time to explore and experiment. I've always wanted to build a game, and so... Safarispel is what happened when I finally tried.

The inspiration for the game comes from the first apps I chose for my son, when he was around age 4. I spent a lot of time researching 'quality early screen time' and the notion of 'digital toys' (rather than high-paced, competitive games). Together we found so much joy in exploring thoughtfully designed, beautifully crafted, open-ended and imaginative apps (like those from Toca Boca). I wanted to see if I could create something similar, however small and humble, for Afrikaans families.

Gebou uit nuuskierigheid

Na 'n klomp jare se werk in visuele ontwerp en onderwys het ek myself met 'n bietjie vrye tyd bevind om te verken en te eksperimenteer. Ek wou nog altyd 'n speletjie bou... en so het Safarispel ontstaan toe ek dit uiteindelik probeer het.

Die inspirasie kom van die eerste toeps wat ek vir my seuntjie gekies het toe hy so 4 jaar oud was. Ek het baie tyd spandeer aan navorsing oor 'kwaliteit vroeë skermtyd' en die idee van 'digitale speelgoed' (eerder as vinnige, kompeterende speletjies). Saam het ons soveel vreugde gevind in deurdagte, pragtig gemaakte, oop en verbeeldingryke apps (soos dié van Toca Boca). Ek wou sien of ek iets soortgelyks kon skep, hoe klein en eenvoudig ook al, vir Afrikaanse gesinne.

The game Die speletjie

Safarispel app icon Safarispel

Safarispel is an Afrikaans game for little ones (3-6). It's slow, simple and short by design (around 20 minutes to play through once), perfectly sized for a pre-schooler beginning to explore letters and letter sounds.

Safarispel is 'n Afrikaanse speletjie vir kleintjies (3-6). Dit is stadig, eenvoudig en kort, en doelgerig so (ongeveer 20 minute om een keer deur te speel), geskik vir voorskool kinders wat letters en letterklanke begin ontdek.

Safarispel gameplay — driving through the safari landscape

How it works Hoe dit werk

1

Explore

Drive through a calm safari landscape and spot animals hiding in the bush.

Verken

Ry deur 'n rustige safariwêreld. Soek na die diere wat in die bosveld wegkruip.

2

Spell

Drag letter tiles into the right slots to spell the animal's Afrikaans name.

Spel

Sleep letters na die regte gleufies om die dier se naam te spel.

3

Learn

Complete the word to reveal the animal, along with a fun Afrikaans audio fact.

Leer

Voltooi die woord om die dier onthul, saam met 'n interessante dierefeit.

4

Collect

Earn stickers for your field guide. Find all 16 animals to complete your collection.

Versamel

Verdien plakkers vir jou veldgids. Vind al 16 diere om jou versameling te voltooi.

Scenes from the game Tonele uit die speletjie

Spelling puzzle — drag letter tiles to spell the animal's name
Animal reveal — watercolour illustration of the spelled animal
Field Guide — the collected stickers spread

What it is Wat dit is

  • A calm and relaxing game drive through the South African bush
  • 16 iconic animals, each with a phonics puzzle and interesting animal fact
  • Built around real Afrikaans compound sounds and pronunciation
  • Easy to pick up and easy to put down (not demanding or addictive)
  • Designed for short focussed play sessions: find all animals in about 20 minutes
  • Original visuals and music, designed and produced by me
  • Works offline, no WiFi needed
  • No ads. Once-off payment. No in-app purchases. No data collected.
  • 'n Kalm en ontspannende wildrit deur die Suid-Afrikaanse bosveld
  • 16 ikoniese diere, elk met 'n klankleerraaisel en interessante diererfeit
  • Gebou rondom regte Afrikaanse saamgestelde klanke en uitspraak
  • Maklik om op te tel en maklik om neer te sit (nie veeleisend of verslawend nie)
  • Ontwerp vir kort gefokusde sessies: vind al die diere in ongeveer 20 minute
  • Oorspronklike beelde en musiek, deur my ontwerp en vervaardig
  • Werk vanlyn af, geen WiFi nodig
  • Geen advertensies. Eenmalige betaling. Geen in-toepassing-aankope. Geen data-insameling.

Useful info Nuttige inligting

Frequently Asked Questions

Gereelde Vrae

A once-off payment of R19.99 (launch price). No subscription, no hidden costs, no in-app purchases. Ever.Eenmalige betaling van R19.99 (bekendstellingsprys). Geen intekening, geen ekstra koste, geen in-toep aankope. Ooit.
Yes. Once downloaded, Safarispel works completely without internet. Perfect for car trips.Ja. Sodra jy dit afgelaai het, werk Safarispel heeltemal sonder internet. Perfek vir motorritte.
Ages 3 to 7 (ideal age 4-6). Every child is different and younger children may need a little help to start.3 tot 7 jaar (ideaal 4-6). Elke kind is anders en jonger kinders het dalk 'n bietjie hulp nodig om te begin.
None. Ever. Safarispel is completely ad-free. No third-party advertising of any kind.Geen. Ooit. Safarispel is heeltemal advertensievry. Geen derde-party advertensies.
16 iconic South African animals, chosen for their sound variety: Elephant (Olifant), Lion (Leeu), Zebra (Sebra), Giraffe (Kameelperd), Meerkat, Vervet Monkey (Blouapie), Tortoise (Skilpad), Ostrich (Volstruis), Dung Beetle (Miskruier), Lilac-breasted Roller (Troupant), Boomslang, Wild Dog (Wildehond), Chameleon (Verkleurmannetjie), Vulture (Aasvoël), Impala (Rooibok) and Cheetah (Jagluiperd).16 ikoniese Suid-Afrikaanse diere, gekies vir die verskeidenheid letterklanke wat hulle bevat: Olifant, Leeu, Sebra, Kameelperd, Meerkat, Blouapie, Skilpad, Volstruis, Miskruier, Troupant, Boomslang, Wildehond, Verkleurmannetjie, Aasvoël, Rooibok en Jagluiperd.
Yes, I'd love to work on it (if there's demand). Drop an email if you're interested in more Safarispel content, or other games.Ja, ek sal graag daarvan werk maak (as daar belangstelling is). Laat weet asb as jy belangstel in meer Safarispel inhoud, of ander speletjies.

For press & educators Vir pers & opvoeders

Get in touch

Kontak ons

noenoe is a one-person studio and I genuinely appreciate any interest in my work. Drop an email if you're interested in: noenoe is 'n een-persoon studio en ek waardeer opreg enige belangstelling in my werk. Stuur gerus 'n e-pos as jy belangstel in:

  • a press kit (logos, screenshots, fact sheets, studio background) pers materiaal (logo's, skermgrepe, feiteblad en ateljee-inligting)
  • a conversation with the creator 'n gesprek met die ontwikkelaar
  • using Safarispel in your school or playgroup Safarispel deel maak van jou skool of speelgroepie

support@noenoe.co.za

Safe & private Veilig & privaat

Privacy at a glance

Safe for children. Trusted by parents. Full details on our privacy policy page.

Privaatheid op 'n oogopslag

Veilig vir kinders. Vertrou deur ouers. Volle besonderhede op ons privaatheidsbeleid-bladsy.

noenoe is dedicated to protecting the privacy of children and families.

No data collection. Safarispel does not collect, store or share personal information, location data, or device identifiers.

No advertising. There are no third-party advertisements in this app.

No in-app purchases. There are no hidden costs or purchases inside the app.

No external links. No active links to social media or external websites inside the play area.

COPPA & POPIA compliant. Safarispel meets the requirements of both the US Children's Online Privacy Protection Act and South Africa's Protection of Personal Information Act.

noenoe is toegewyd daaraan om die privaatheid van kinders en gesinne te beskerm.

Geen data-insameling. Safarispel versamel, stoor of deel geen persoonlike inligting, liggingsdata of toestel-identifiseerders nie.

Geen advertensies. Daar is geen advertensies van derde partye in hierdie toepassing nie.

Geen in-toep aankope. Daar is geen verborge koste of aankope in die toepassing nie.

Geen eksterne skakels. Daar is geen aktiewe skakels na sosiale media of eksterne webwerwe binne die speelarea nie.

COPPA & POPIA-voldoend. Safarispel voldoen aan beide die Children's Online Privacy Protection Act en die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting.

Now available on the App Store and Google Play

Safarispel is now available on iOS and Android.

Nou beskikbaar op die App Store en Google Play

Safarispel is nou beskikbaar vir iOS en Android.